SportSport

Gimmies versterk greep op eerste plek in Virseker Noordvaalbeker

Gimmies se A-spanne was gereed om Merensky aan te vat en het aan die wenkant geëindig.

Potchefstroom Gimnasium se eerste rugbyspan het in ‘n oorkruiswedstryd teen Merensky in Tzaneen bewys dat tuisveldvoordeel nie veel beteken nie met ‘n oortuigende 49-17 sege.

Hulle het na ‘n ongeveer 550 kilometer reis Noordoos van Potch, bewys hoekom hul boaan die punteleer van die Bowl-Wes afdeling van die Virseker Noordvaalbeker is.

Hul opponente van Bowl-Oos moet teen Gimmie-Guts vaskyk – die telbord het die verloop van sake mooi geillustreer.

Dit was ‘n puik vertoning van Gimmies in die tweede helfte waar hulle 32 punte teenoor Merensky se sewe aangeteken het. Teen halftyd was die telling 17-10 in Gimmies se guns.

Rea Moalosi was skitterend en het twee drieë gedruk. Gimmies se kaptein, De Wet Grobler was soos gewoonlik ‘n masjien voorlangs en het met durf en daad gelei.

Josh Pretorius, MJ Potgieter, Brendon Kellerman en Logan Botes druk ook vir Gimmies.

Algehele punteleer (Bowl-Wes afdeling)

  1. Potchefstroom Gimnasium – 162.5
  2. Hoërskool Centurion – 148.5
  3. Bergsig Akademie – 144
  4. Midstream College –144
  5. Hoërskool Jeugland – 133
  6. Hoër Volkskool Potchefstroom – 117

Uitslae teen Merensky Landbou Akademie:

  • o14A: Gimmies wen 22-21
  • o14B: Gimmies verloor 10-28
  • o15A: Gimmies wen 29-24
  • o15B: Gimmies verloor 22-26
  • o16A: Gimmies wen 31-17
  • o16B: Gimmies wen 40-19
  • o19C: Gimmies verloor 12-28
  • o19B: Gimmies verloor 20-24
  • o19A: Gimmies wen 49-17

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button