SportSport

Onoorwonne Luiperds o15’s klop die groot kanonne

Hierdie kranige Luiperdsspan het die Blou Bulle met 27-20 in die nie-amptelike eindstryd geklop.

Die Luiperds se o.15-span het geskiedenis gemaak toe hulle die Blou Bulle met 27-20 geklop het in die nie-amptelike eindstryd van die 2026 Afgriweek in Bethlehem.

Hierdie jong Luiperdspan, wat die toernooi onoorwonne afgesluit het, het vir niemand teruggestaan nie en in ‘n wipplankwedstryd vir die Blou Bulle gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.

Die Bulle was op ‘n stadium met 20-17 voor met slegs ‘n paar minute oor, maar Angelo Pieters het die wendrie vir die Luiperds gedruk ná ‘n kruisskop van Juandré Malambo.

Die Luiperds het ook die Sharks met 10-5 geklop en die Valke met 20-0 ore aangesit.

Potchefstroom se verteenwoordigers in die span was Calell Pereira en Junior Milonga van Gimmies.

Volgens die Luiperds se o.15-afrigter, Dustin Wetdewich, is hy baie trots op sy span se vertoning en glo hy dat hulle selfs nog meer punte teen die Sharks en Valke kon aangeteken het.

“Dit is ‘n ongelooflike gevoel om ‘n klein unie soos die Luiperds te neem en die groot kanonne te klop. Ons het op tye baie goeie rugby gespeel,” sê hy.

“Die wedstryd teen die Blou Bulle was baie taai. Die ouens het uitstekend verdedig. Dit was vir ons belangrik om die oorwinning teen die Bulle te behaal.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button