SportSport

Netbalspelers kook by Irene Seymore-netbaltoernooi

Die kompetisie was taai gedurende die eerste twee dae van die toernooi met spanne wat in die poelfase vir die eerste plekke gekompeteer het.

Die 2026 Irene Seymore-netbaltoernooi by Hoër Volkskool Potchefstroom bereik vandag (Saterdag, 18 Julie) die pylvak, met die finale posisies tussen 12 skole wat bepaal sal word.

Tot dusver was die aksie uit die boonste rakke, met spelers van o14- tot o19-vlak wat alles uithaal om die onderskeie bekers in hierdie interskoletoernooi te lig.

Helpmekaar Kollege, Hoërskool Menlopark en Oranje Hoër Meisieskool is vanjaar van die uitblinkers op die baan.

Helpmekaar se o19-, o17- en o16-spanne is almal onoorwonne in die toernooi en boaan die punteleer. Menlopark is tweede in die o16- en o17-afdelings en boaan die punteleer in die o15-afdeling.

RHS en Hoërskool Monument se spanne is ook nog in aanmerking vir podiumplekke in verskeie afdelings.

Volkies en Gimmies se spanne moes ‘n paar moeilike wedstryde naelskraaps verloor en kon net nie die voortou teen die groter skole behou nie. Wanneer die spanne mekaar wel gepak het, was die passie, soos gewoonlik, hoog.

Die eerste spanne (o19) het ‘n rillerwedstryd gelewer, met Volkies wat met 26-25 op hul tuisbaan geseëvier het. By die o17’s het Gimmies hul buurskool met 20-13 geklop.

Die aksie kan hier gevolg word met die nuutste uitslae en bepalings.

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button