SportSport

Gimmies en Volkies hou Potch se naam hoog by SA Skole Netbalkampioenskappe

Gimmies eindig 11de algeheel en Volkies 12de algeheel in die land.

Gimmies en Volkies se o19A netbalspanne het die afgelope naweek op nasionale vlak tydens die DStv SA Skolekampioenskappe beide in die top 12 van 24 skole geëindig.

Potchefstroom Gimnasium het Hoër Volkskool Potchefstroom met 36-28 in hierdie stryd geklop om die 11de plek landswyd onder o19-spanne te behaal. Volkies was ’n kortkop agter met ’n 12de algehele plek.

Gimmies se eerste netbalspan het ‘n 11de algehele plek by die SA’s behaal. FotoL Verskaf

Paarl Gimnasium het die eerste plek in die land behaal, met Helpmekaar Kollege tweede en Affies derde. Die top skool uit Noordwes was Hoërskool Rustenburg.

Oor die algemeen kan beide Gimmies en Volkies trots wees op hul uitslae. Gimmies het sewe van hul nege wedstryde gewen.Gimmies het ook 279 doele met ’n doelpersentasie van 91% behaal en 170 balle op verdediging gedraai.

Volgens Maryke Coetzee, Gimmies se netbaldirekteur, het Gimmies baie goed gevaar.

Sy meen dit is sleg dat ’n mens slegs twee wedstryde in die toernooi verloor en steeds 11de eindig.

“Dit maak natuurlik saak watter uitspeelwedstryd dit is wat jy verloor. Ek is baie trots op die dogters en sien uit na wat voorlê vir ons skool se netbal.”

Dit was vir Volkies ’n besondere mylpaal om vir die eerste keer in ’n paar jaar weer ’n eerste span na die SA Skolekampioenskappe te stuur.

Volgens Volkies se eerstespan-afrigter, Larissa Otto, was dit ’n naweek van uitstekende netbal waar elke speler as individu gegroei het, karakter getoon het en tot die einde toe vasgebyt het.

“Ons span is trots op wat bereik is en dankbaar vir die ondersteuning van afrigters, ouers en ondersteuners. Bo alles het die spelers die ware gees, eenheid en trots van ’n Volkie-span uitgeleef.”

Volkies se eerste netbalspan tydens die SA Skole Netbalkampioenskappe in Boksburg op Saterdag, 25 Julie. Foto: Volkies Potch/Facebook

Volkies het die toernooi sterk begin toe hulle Pearson (24-19) en Hoërskool Pietersburg (32-22) geklop het.

Hulle het boaan hul poel geëindig, maar het in die eerste uitspeelwedstryd met 23-37 teen Duineveld verloor. Hulle het toe Danville met 28-22 geklop voordat hulle teen Oranje Meisieskool met 20-25 vasgeval het. Gimmies het hul toernooi begin met ’n 25-22-sege teen Danville. Daarna het hulle ’n 21-20-naelbytstryd teen Middelburg gewen, voordat hulle Twelopele (42-16), Khanyisa (46-9) en Khanyetwethu (32-24) gemaklik geklop het.

In die eerste uitspeelronde van 16 het hulle met 20-40 teen Paarl Girls’ High verloor. Gimmies het Pietersburg met 32-24 geklop, maar daarna met 24-25 teen Stellenberg verloor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button