SportSport

Potch bergfietsryers ryg podiums in

Volkies se Lian Louw was eerste in die Junior mans-afdeling met Gimmies se Alex Fourie eerste in die Jeug-afeling.

Die Potchefstroomse hoërskole bergfietsryers van Gimmies en Volkies was verlede naweek (Saterdag, 1 Augustus) op hul stukke tydens die Noordwes XCO ligabyeenkoms in Vryburg.

Op klipperige terrein diep in die Noordwes het albei skole se fietsryers hul goed van hul taak gekwyt.

Volkies se Lian Louw was eerste in die Junior mans-afdeling met Janco Stemmet in die derde plek in dieselfde wedren.

Gimmies se Hanru Odendaal is eerste in die subjunior seuns-afdeling. By die jeug-afdeling skitter Gimmies ook met Mieke Erasmus wat ‘n tweede plek behaal en Alex Fourie wat sy briljante seisoen voortsit met nog ‘n eerste plek in die Jeug Seuns-afdeling. Phillip Moodie (tweede) en Dian Scholtz (derde) maak dit ‘n vol podium vir Gimmies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button