SportSport

Luiperds Platteland is Noordvaal-kampioene

Die Luiperds Platteland het verdien om die trofee vanjaar omhoog te hou.

Die Luiperds Platteland is die amptelike wenners van die 2026 Obaro Noordvaal Plattelandtoernooi nadat hul vir Limpopo Waterberg met 26-18 in die eindstryd vanmiddag (Saterdag, 26 September) geklop het.

Die binnesenter, Jurie Wessels, het die Luiperds Platteland se eerste drie gedruk na hul 8-0 agter was. Direk van die afskop daarna het die linkervleuel, Eric Lamb, na ‘n goeie agterlynbeweging gaan druk om die Luiperds met 12-8 voor te laat loop.

Kobus Mostert het die Luiperds se eerste drie in die tweede helfte gedruk na hul met 15-13 teen rustyd voorgeloop het.

Luiperds president Mervyn Taylor en Luiperds Platteland se Delarey Swart. Swart is as die voorspeler van die toernooi aangewys.

Nathan van Aswegen het nog twee strafskoppe oorgetik om die Luiperds met 26-18 te laat voorloop.

Smittie Smit van die Luiperds is as die speler van die wedstryd aangewys. Delarey Swart, haker van die Luiperds Platteland en Potch Dorp is as die voorspeler van die toernooi aangewys.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button