SportSport

Gimmie swemmers blink uit in Namibië

Keegan Tredoux, Egbert Palmer en Mieke van der Walt het verskeie medaljes en persoonlike beste tye aangeteken

Drie puik Gimmie-swemmers het verskeie medaljes verower tydens die Namibiese kortbadkampioenskappe wat in Swakopmund plaasgevind het. Hierdie Gimmie-swemmers was veronde aan die NWU Junior Swemklub toe hulle hierdie prestasies behaal het.

Keegan Tredoux, Egbert Palmer en Mieke van der Walt het verskeie medaljes en persoonlike beste tye aangeteken.

Tredoux het goud in die 100 m-borsslag en silwer in die 200 m-borsslag verower. Hy het ook vier aflosmedaljes ingepalm, bestaande uit een silwer- en drie bronsmedaljes.

Palmer het ses individuele medaljes verower. Hy het silwer in die 50 m- en 100 m-rugslag, asook die 400 m- en 800 m-vryslag, behaal. Hy het verder brons in die 100 m- en 200 m-vryslag verower. In die aflositems het hy nog een silwer- en drie bronsmedaljes bygevoeg.

Van der Walt het deel gevorm van die gemengde 200 m-wisselslag- en 200 m-vryslagaflosspanne wat albei bronsmedaljes verower het.

Laerskool M.L.Fick se Mieke Steinbach was ook een van die uitblinkers. Sy het drie bronsmedaljes (50m vlinderslag, 200m gemengde aflos en 200m vryslagaflos) en silwer in die 100m vlinderslag behaal.

Mieke Steinbach op die podium. Foto: NWU Junior Swimming Club/Facebook

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button