SportSport

Dogterskrieketspelers wys hul talent by Gimmies se Elriesa Theunissen Week

Volgens Gimmies se krieketdirekteur, Jandré Jacobs, bied die week ’n goeie geleentheid om dogterskrieket te bevorder.

Die Elriesa Theunissen-week, wat deur Potch Gimnasium van 29 September-2 Oktober aangebied is, het aan dogterskrieketspelers die geleentheid om aan 40-beurt-witbalkrieket deel te neem.

Agt spanne het aan die week deelgeneem, naamlik die gasheerskool Potchefstroom Gimnasium, Saints Christian School, Hoërskool Lichtenburg, Hoërskool Driehoek, Steyn City, St. Patrick’s CBC, SA Cricket Academy en Hoër Volkskool Potchefstroom.

Elriesa Theunissen was Potch Gimmies se eerste vroue-SA krieketspeler. Die toernooi is ter ere van haar nalatenskap opgedra nadat sy en haar kind in 2019 in ’n motorongeluk hul lewens verloor het.

Gimmies se eerste dogterskrieketspan het waardevolle ervaring opgedoen.

Saints Christian School is as die amptelike wenners aangewys na hul die T20-wedstryd gewen het. Die span het weereens bewys waarom hulle so hoog word in Suid-Afrikaanse dogterskrieket geag word. Hulle is ook Noordwes-kampioene en neem gereeld op nasionale vlak aan die SA20-skolekrieketreeks deel.

Volgens Gimmies se krieketdirekteur, Jandré Jacobs, bied die week ’n goeie geleentheid om dogterskrieket te bevorder.

“Dit was ‘n baie goeie week waar die meisies baie krieket kon speel en ontwikkel tot die beste van hulle vermoë,” sê hy.

Gimmies het aan vyf wedstryde deelgeneem, waarvan hulle een gewen het.

“Die kompetisie was regtig op ‘n baie hoë standaard en ons dogters het baie geleer en ontwikkel deur die week,” sê Jacobs.

Volkies se eerste dogters krieketspan het ook aan die week deelgeneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button