Sport

Klerksdorp trap klei teen Noordheuwel

KHS sal uit die verlies teen Noordheuwel goeie lesse geleer het om teen die Anker te gaan toepas. 

Dit sou altyd moeilik wees vir Hoërskool Klerksdorp om Noordheuwel te klop.

Met die verskil in getalle en met spelers soos Cheswill Jooste, was Noordheuwel van die begin af as die gunstelinge gesien. KHS se eerste rugbyspan het hulle wedstryd 63 – 7 verloor.

Volgens Piet Von Wielligh, hoof van Rugby en afrigting, was die Klerksdorpers in die eerste helfte nog in die wedstryd gewees.

“Ons was nog in die eerste helfte in die ‘fight’ gewees. In die tweede helfte toe breek die damwal maar. Ons het goed kompeteer, met al ons spanne. Hulle was maar in ‘n ander klas gewees, 2400 kinders teenoor 820 kinders moet vir jou iets sê. Hulle het baie talentvolle spelers. ,” het von Wielligh gesê.

Die volgende uitdaging vir die Klerksdorpers is teen Die Anker van Brakpan. KHS sal uit die verlies teen Noordheuwel goeie lesse geleer het om teen die Anker te gaan toepas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button