Sport

Gimmies verloor naelskraap teen Pietersburg

'n Strafskop in die laaste minute van die wedstryd was al verskil tussen GImmies en Pietersburg

Gimmies se eerste rugbyspan het in die doodsnikke teen hulle opponente van die verre noord verloor. Gimmies het die wedstryd met 19 – 18 verloor.

Die Potchefstromers het Saterdag, 6 April, Pietersburg toe gereis om in die laaste groepwedstryde van die NWU reeks teen Pietersburg te gaan kragte meet.

Dit was ‘n goeie toets vir die manne in blou aangesien hulle nou ook in afdeling 1 van die Noordvaal gaan kompeteer. Pietersburg is tradisioneel veral tuis ‘n baie sterk teenstander.  Dit het swarr gegaan met die juniorspanne maar die eerstespan het durf en vaardighede gewys om die Verre Noord reus tot in die rooi te druk.

‘n Strafskop in die laaste minute van die wedstryd het vir die manne van Pietersburg die oorwinning beklink.

 

Related Articles

Back to top button