Local newsPrimary SchoolSport

Tokkie tennis maak opslae by tenniskampioenskappe

Tokkies het amok by die kampioenskappe gemaak.

Laerskool Mooirivier se tennisspelers van verskeie ouderdomme het vandaf 21 tot 28 Oktober opslae by die Noordwes-tenniskampioenskappe gemaak en van die spanne het as die kampioene weggestap.

Die o/13A tennisseuns en -dogters het Maandag 21 Oktober aan die Noordwes-finaal deelgeneem en teen vyf ander skole gekompeteer. Die meisies is weer gekroon as die Noordwes-wenners en die seuns as Noordwes-naaswenners.

Die o/11A tennisseuns het Woensdag 23 Oktober aan die Noordwes-finaal deelgeneem en het algeheel vierde geeïndig.

Die o/9 tennisseuns en -dogters het op Maandag 28 Oktober aan die Noordwes-finaal deelgeneem en die seuns het as die Noordwes-kampioene weggestap en die dogters het derde geeïndig.

“Ons is baie trots op elke speler wat die skool verteenwoordig het,” het die skool in ‘n verklaring   gesê.

Tokkie o/13 dogters.
Tokkie o/13 seuns.
Tokkie o/11 seuns.
Tokkie o/9 seuns.
Tokkie o/9 dogters.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button