Potch Dorp Rugbyklub se junior spanne het hulle wedstryde die afgelope naweek in Klerksdorp afgesluit.
Die Potchefstromers het bietjie klippe gekou teen die ou vyand, met Klerksdorp wat al drie ouderdomme se wedstryde gewen het. Potch Dorp gaan nou tot einde van die jaar klinieke vir die juniors aanbied.

Klerksdorp se o.13 span het 38-10 as oorwinnaars uit die stryd getree, terwyl die o.15 span van Klerksdorp 45-0 gewen het. Potch Dorp se o.15 span het ‘n harde oorwinning die vorige week teen Stilfontein behaal.
Die o.17 span van Klerksdorp het ook hulle wedstryd 35 -10 gewen.

Klerksdorp het nog een wedstryd teen Stilfontein oor waarna die reeks tot ‘n einde kom. Daar word egter nie vir bekers gespeel nie, maar om spelers meer kans te gee om verder te ontwikkel.



