Editor's choiceEditor's note

Jammer, maar niks om oor te huil

Ja, dit was maar ’n teleurstelling dat Potchefstroom toe nie as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys is nie. Veral nie nadat dit reeds die derde keer is dat ons as finalis aangewys is nie.

Ja, dit was maar ’n teleurstelling dat Potchefstroom toe nie as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys is nie. Veral nie nadat dit reeds die derde keer is dat ons as finalis aangewys is nie.
Gemeet aan die aantal inwoners teenoor die ander finaliste-dorpe, het Potchefstroom tog sekerlik ’n baie goeie kans gehad om te wen. Dis natuurlik te sê as almal gestem het! En daar was darem ook die verwagting van ’n taamlike persentasie stemme van buite Potchefstroom ook. Oud-inwoners of mense met goeie herinneringe oor die stad.
Wel, toe verloor ons teen Hentiesbaai. Maar daar is darem ’n verskil. Hentiesbaai het R80 000 van ’n vriendelike skenker tot sy beskikking gehad. Daarmee is simkaarte aangeskaf waarmee inwoners vir hulle dorp kon stem.
Vir Potchefstroom om in kompetisie hiermee onder die top drie te kon eindig was dus nie ’n geringe prestasie nie. Ons het nie geborgde stemme gehad nie. Dié wat vir Potchefstroom gestem het, wou stem en het dit op hul eie koste gedoen. Dis mos darem ’n groot verskil.
En ja, die hele oefening het ’n paar goeie uitkomste gebring. Skielik het die toestand waarin die stad is op die agenda gekom. Skoonmaakveldtogte is van stapel gestuur en daar is gewys dat baie bereik kan word as individue en instansies saamwerk. Dit het mens ook weer laat dink hoeveel mooi dinge hier is en watter voorreg ons het om soveel sport-, kuns- en onderriggeleenthede hier te hê of te beleef. Potchefstroom is ’n wonderlike plek om in te woon en ons kan gerus almal trotse Potchefstromers wees. Die wens van die Sakekamer dat die momentum behou moet word sal inderwaarheid wonderlik wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button