Local newsNewsNews

Barmhartige samaritaan herstel geloof in mensdom

Soms kan die kleinste dade van vriendelikheid die grootste verskil maak.

Toe Petro Delport haarself met ’n pap band op pad werk toe gestrand was, het sy geen idee gehad dat ’n vreemdeling se deernis ’n stresvolle oggend in ’n onvergeetlike oomblik sou verander nie.

Petro, ‘n nuwe inwoner in Potchefstroom, was op 8 Januarie op pad werk toe toe sy agterkom dat iets met haar motor fout is. Omstreeks 09:30 het sy naby die brug by Mediclinic (Meyerstraat) stilgehou, onseker oor wat om volgende te doen.

“Ek het net gestop toe ek besef ek het ’n pap band,” onthou sy.

Terwyl mense verbygegaan het en werkers naby gewerk het, het niemand gestop om te help nie, totdat een man dit gedoen het.

Lucky Oliphant het tydens sy teetyd oor die brug geloop toe hy die onmiskenbare geluid van ‘n beskadigde wiel hoor. Hy het reeds amper oorgesteek toe hy besluit om om te draai.

“Ek kon hoor dit was die wiel,” sê hy.

“Ek het gedink ek moet teruggaan en kyk of sy hulp nodig het.”

Sonder huiwering het hy Petro se band omgeruil, wat beide haar bekommernis verlig en haar oggend verhelder het. Toe sy aanbied om hom te betaal, het hy saggies geweier.

“Mense moet mekaar help,” sê Lucky. “Nie alles in die lewe gaan oor geld nie. Ek is mal daaroor om mense te help. Dit was net iets wat toevallig gebeur het, maar dit is ook ‘n les wat ek wil hê my kinders moet leer oor hoe belangrik dit is om jou naaste te help.”

Op daardie tydstip was Lucky juis oppad om ‘n koek te koop vir sy tweelingseuns, wat pas sewe geword het.

Vir Petro het die ervaring ‘n blywende impak gelaat.

“Jy het gesien dat ek ‘n pap band het en jy het nie eers gehuiwer om my te help nie,” sê sy.

“Ek is werklik dankbaar. Baie dankie uit die diepte van my hart.”

In ‘n wêreld waar mense so dikwels verby mekaar jaag, het een man se besluit om te stop, om te draai en ‘n hand by te sit, as ‘n kragtige herinnering gedien,soms kan die kleinste dade van vriendelikheid die grootste verskil maak.

Lucky besig om Petro se wiel om te ruil.
Lucky besig om Petro se wiel om te ruil.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button