In Johnny Jansen van Rensburg se 13de Comrades Marathon het hy dit reggekry om sy eerste silwermedalje te behaal en is sodoende ook die eerste Potchefstromer oor die eindstreep in ‘n tyd van 7:25:31.
Silwermedaljes word toegeken aan deelnemers wat onder 7 ure en 30 minute die Comrades voltooi.
Vir Johhny is sy uitstekende resultaat juis omdat hy ongelooflike ondersteuning van sy familie, vriende, klubmaats en ondersteuners op die roete ontvang.
“Geen Comrades prestasie word alleen behaal nie en ek is dankbaar vir almal wat deel was van die reis. Bo en behalwe dit is dit nie net die dag wat mens aan dink wanneer jy oor daardie eindstreep steek nie, maar aan die opofferings,” noem Jansen van Rensburg.
Volgens hom was die uitdagendste deel die klimme wat hy moes aandurf met die op-roete van Durban na Pietermaritzburg.

“Die op is ‘n baie groot uitdaging in terme van die hoeveelheid “elevation gain” daar is. Binne die eerste 36 kilometer klim mens meer as 1000 meter en vir ons Potchefstromers is enige iets bo 100m ‘n uitdaging,” verduidelik hy.
“Ek het na Camperdown wat omtrent so 62km in is bietjie siek geword. Ek vermoed ek’t bietjie ge-oorhidreer, maar ek kon gelukkig die saak beredder, vinnig herstel en weer aan die gang kom,” voeg hy by.
Jansen van Rensburg glo vas dat sy sukses vanjaar deel is van ‘n groter prentjie waar legendes van Comrades hom gehelp het om van ‘n 11:57 tyd in sy eerste Comrades na 7:27 te skuif.
“Vandag se medalje behoort nie net aan my nie. Dit behoort aan elkeen wat oor die jare ‘n stukkie van hul kennis, tyd, ondersteuning en geloof met my gedeel het.”
* Vanjaar het George Kushke (manswenner) en Gerda Steyn (vrouewenner) die rekords gemaklik vir die op-wedloop gebreek. Kushke het in 5:15:56 klaargemaak, wat die vorige rekord met nege minute verbeter het.
Steyn het in 5:44:53 klaargemaak en sodoende haar eie rekord met vyf minute verbeter wat sy in 2024 opgestel het.
23 Berts Bricks Atlete voltooi die 2026 Comrades Marathon
Berts Bricks Atletiekklub het oor die algeheel uitstekende uitslae beleef met 23 atlete wat die eindstreep behaal het. Martin Hennelly, Jasper van Zyl en Reece Alberts (klubvoorsitter) het almal hul 10de Comrades voltooi en sodoende hul permanente nommer ontvang. Christoff Coetzee, De Markhoff Fouche, Siya Matoti en Amare Abebe het hul eerste Comrades Marathons voltooi.
Uitslae:
- Johnny Jansen van Rensburg – 07:25:31
- Jasper van Zyl – 08:53:20
- Hendrik Naude – 09:23:51
- Jaco Marais – 09:39:59
- Karlé Bell – 09:55:01
- Jan-Rudolph Buhrmann – 10:08:15
- Biance Smit – 10:13:49
- Martin Hennelly – 10:34:48
- Lenthea Kamffer – 10:39:44
- Johan Bibbey – 10:49:29
- Joline Bibbey – 10:49:29
- De Markhoff Fouche – 10:50:46
- Christoff Coetzee – 10:56:24
- Mohammed Afzal Carrim – 10:58:55
- Johnny de Lange – 11:23:28
- Bruno Letarte – 11:34:37
- Theo Malan – 11:41:41
- Siya Matoti – 11:47:34
- Risimati Hobyane – 11:47:53
- Amare Abebe – 11:52:06
- Rhea Koch – 11:52:06
- Reece Alberts – 11:55:33
- Tiaan Pieterse – 11:55:34



