Skopboks atlete presteer by WMO
Atlete van die Limpopo Province Sport Karate-Kickboxing Academy (LPSKKA) in Polokwane het onlangs aan die World Martial Arts Organisation (WMO) Interprovinsiale Skopbokskompetisie aan die Oosrand deelgeneem.
POLOKWANE – Sensei Nico Myburg van LPSKKA sê: “Groot, klein, jonk, oud, nuwe en gesoute atlete het besonders goed presteer gedurende die kompetisie. Die afrigters verdien ook goud vir hulle harde werk met hierdie prestasie”.
Die volgende atlete het medaljes ontvang:
• Goud: André Joubert, Elize Pretorius, Cornelia Nel, Herman Niemann, Leandri Peyper (twee), Lee Kleynhans (twee) en Caitlen Mouton.
• Silwer: Jacques Niemann, Chris Joubert, André Joubert, Danny Janse van Vuuren, Kian Kleynhans, Jason Vogel (twee), Elize Pretorius, Cornelia Nel, Xander Steenkamp, Wian Deysel en Leandri Peyper.
• Brons: Chris Joubert, Kian Kleynhans en Petie Nel (twee).
Hulle volgende kompetisie is op 10 September in Kempton Park.
Die atlete is nou besig met voorbereiding vir die NMA/ISKA (Destiny 2016) SA Kampioenskappe wat in Kaapstad plaasvind op 1 en 2 Oktober.



