Local sportSport

Jong ruiter galop oor 80 km wenstreep

Uithouritruiter, AJ Blom, het stof in die ander ruiters se oë galop tydens die H.H.SH. Khalid Bin Hamad Al Khalifa Uithouritbeker-toernooi

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg gr. 11-leerder en uithouritruiter, AJ Blom ken van uithou en aanhou.

Hy het dit bewys toe hy onlangs, teen strawwe kompetisie die H.H.SH. Khalid Bin Hamad Al Khalifa Uithouritbeker-toernooi in Bahrein gewen het.

AJ Bloem in aksie tydens die H.H.SH.Khalid Bin Al Khalifa Uithourit Beker in Bahrein. Foto: verskaf.
AJ Bloem in aksie tydens die H.H.SH.Khalid Bin Al Khalifa Uithourit Beker in Bahrein. Foto: verskaf.

Op die rug van sy perd, Kosoara het hy in die 80 km uithourit stof in die ander ruiters se oë galop. Alhoewel die kompetisie taai was het AJ nie toegelaat dat dit hom afskrik nie.

Bo en behalwe AJ se eerste plek het die span waarvoor hy gery het, Shaikh Salman Bin Saquer Al Khalifa, ‘n tweede plek verower en hulle het ‘n Toyota FJ Cruiser gewen.

“Bahrein, waar ons deelgeneem het, is net ‘n eiland omring deur die see, daar was net ‘n paar bome en verder was dit net woestyn,” vertel AJ.

Lees Review hierdie week om te deel in AJ se ongelooflike prestasie en ervaring in Bahrein.

calvyn@nmgroup.co.za

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button