Dis weer die tyd van die jaar.
En die ouers is gou om verwyte en beskuldigings te slinger oor hoe swak die skool is of hoe onregverdig die skool is of of of..
So baie dinge omdat hulle kinders nie leiers geword het nie.
Ek het met verbasing geluister na die ouers se redenasies en nie een maak vir my sin nie – die ouers en van die kinders lewe in ‘n droomwereld van hulle eie.
Ouers moet besef ‘n skool kyk na baie aspekte voor hulle leiers sal aanwys.
Dis nie net altyd die slimste of die beste in sport of die beste in kultuur of drama wat leiers gaan word nie.
‘n Leerling moet ten minste aan die volgende voldoen: kultuur, sport, drama, skolierpatrollie, debutante, akademies, hulpvaardigheid en nederigheid.
As ‘n leerling van die bogenoemde het dan kwalifiseer hy om ‘n leier te word.
Daar moet ‘n balans wees tussen al die bogenoemde – dis gewoonlik ‘n gebalanseerde kind.
Kom ouers en ander leerlinge, kom ons aanvaar dat as ons kind nie gekies is nie hy nie aan al die kriteria voldoen het nie en hou op om die kind wat wel leier geword het sleg te sê want daardie kind het homself nie gekies nie.
Julle as kinders in die skool moes stem vir julle leiers, so hou op om nou snedige aanmerkings te maak.
Aanvaar wat jy nie kan verander nie, dit maak al klaar van jou ‘n beter mens.
F. Botha



