Lieben (6) het meer breinoperasies gehad as wat hy oud is
Die Van Zijl-egpaar kan 'n boek skryf oor die ervarings en uitdagings na hul jongste spruit sewe breinoperasies moes ondergaan.
VEREENIGING. – Hy het reeds meer breinoperasies agter die rug as wat hy oud is, maar die sesjarige Lieben van Zijl is een van dapperste kinders wat jy gaan teëkom.
Lieben was ‘n gesonde baba en ‘n rowwe klein seuntjie vol kattekwaad, vertel sy ouers Leandri (33) en Jaco van Zijl (35) van Arconpark oor hul jongste. Hulle het nog ‘n seun Henco (8).
Verlede jaar April, so drie maande voor Lieben vyfde verjaarsdag, het hy begin kla oor ‘n hoofpyn. ‘n Dag later het dié gesin se hele lewe verander.
(Die volle verhaal word breedvoerig in die week se Vaalweekblad 29 September tot 5 Oktober aangebied).

In kort – Sewe breinoperasie het gevolg en hoewel Lieben breinskade opgedoen het tydens een van die operasies, is dit minimaal en is sy ouers verheug om hom steeds in hul arms te kan vashou.
* Leandri het as ‘n wyse om fondse te genereer die pragtigste glasbekers begin skep. Indien daar mense is wat van die bekers wil aankoop kan Leandri by 064 968 0241.



