News

So gemaak as jy ‘n verlore hond of kat vind

Ons sien dit elke dag, of dit nou in die werklike lewe of op sosiale media is ... verlore katte en honde. Lees hier oor wat jy moet doen.

VEREENIGING – Om ‘n hond of kat te vind wat jy kan sien verlore is, kan stresvol wees, maar jou optrede kan ‘n groot verskil maak.

Volg die Vereeniging/Vanderbijpark Diere Beskermings Vereniging se raad:

As die dier vriendelik is, kyk of dit ‘n halsband, identifikasiekenteken of ‘n ander manier het waarmee die eienaar geïdentifiseer kan word.

Indien moontlik, beperk die dier veilig in ‘n veilige area waar dit toegang tot water en beskerming teen die elemente het.

As die dier ingehok of ingeperk is, sal die DBV dit kom haal. Kontak eenvoudig hulle kantoor by 016 422 1505 en hulle sal jou bystaan.

“Baie mense sal verras wees om te hoor dat die afhaal en skut van verlore diere eintlik ‘n munisipale verantwoordelikheid is. Volgens wet moet munisipaliteite diereskutdienste verskaf vir diere wat binne hul regsgebied gevind word.

“Ongelukkig bedryf nóg die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit (DA-gelei) nóg die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ANC-gelei) tans hul eie diereskutte. Gevolglik rus hierdie verantwoordelikheid nou op die skouers van die DBV, ondanks die feit dat ons geen befondsing van hierdie munisipaliteite vir hierdie dienste ontvang nie,” verduidelik ‘n woordvoerder van die plaaslike DBV.

Die DBV is ‘n welsynsorganisasie. Elke voertuig op die pad, elke dier wat opgelaai word, elke hok wat skoongemaak word, en elke bak kos wat voorsien word, word moontlik gemaak deur die vrygewigheid van ondersteuners.

“Terwyl kiesers gereed maak om later vanjaar na die stembus te gaan, moedig ons inwoners aan om noukeurig te oorweeg hoe hul verkose verteenwoordigers dierewelsyn ondersteun het, en of hulle hul verantwoordelikhede teenoor die diere en gemeenskappe wat hulle dien, nagekom het,” is die DBV se standpunt.

Inwoners wat die Vereeniging/Vanderbijpark DBV wil ondersteun om diere in nood te help, kan dit oorweeg om ‘n skenking via hul webwerf of direk aan die DBV te maak.

Vir meer besonderhede kan die Vereeniging DBV by 016 422 1505 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button