Veiligheid verander saam met die seisoene
Winter se korter dae bring meer as net kouer temperature - dit lei ook tot verhoogde veiligheidsrisiko's binne en buite die huis.

In die wintermaand kan jou tuiskoms na ‘n werksdag nou in donkerder toestande wees.
Hierdie verandering skep groter geleenthede vir kriminele aktiwiteite, wat dit noodsaaklik maak om sowel jou huissekuriteitsmaatreëls as jou persoonlike veiligheidsgewoontes te herevalueer.
“Winter gaan nie net oor kouer temperature nie; dit is ’n verandering in die omgewing wat sekuriteit direk beïnvloed,” sê Charnel Hattingh, groepshoof van bemarking en kommunikasie by Fidelity Services Group.
Veiligheidswenke:
Toets alarmstelsels en paniekknoppies om te verseker dat seine deur die moniteringsentrum ontvang word.
Inspekteer elektriese heinings, aangesien kouer weer die spanning kan beïnvloed en tot vals alarms kan lei.
Sorg dat daar rugsteunkragoplossings (back-up power) in plek is tydens kragonderbrekings te handhaaf.
Kontroleer dat buiteligte, strale (beams) en sensors ten volle operasioneel is.
Aktiveer eksterne strale vroeër in die aand sodra almal tuis is.
Bly waaksaam wanneer jy in die donker vertrek of by die huis aankom.
Veiligheid weg van die huis
Seisoenale veranderinge beïnvloed ook diegene wat buite stap, hardloop of fietsry. Vroegoggende en laatmiddae (gewilde oefentye) is nou donkerder en dra ’n hoër risiko.
Kies goed beligte, besige roetes en vermy geïsoleerde gebiede.
Oefen saam met ’n maat of ’n groep waar moontlik.
Dra reflektiewe klere om sigbaar te bly vir motoriste.
Wissel jou roetine af om voorspelbaarheid te vermy.
Vermy die dra van oorfone sodat jy kan hoor wat om jou aangaan.
Dra ’n volgelaaide foon of ’n paniektoestel soos Fidelity SecureMe of SecureMe Plus by jou.
Deel jou roetine en verwagte opwendingstyd met ’n betroubare kontakpersoon.
