Hier is die eerste inskrywings vir Baba- en Kleuterwedstryd 2021
Ons kan nie wag om julle kleingoed te sien nie! Skryf hulle nou in!

Ouers kan hul kleingoed nog tot 30 September inskryf. Die ouderdomsgroep wat kan deelneem, is pasgebore babas tot kleuters van 6 jaar. Hoe gouer ‘n deelnemer ingeskryf word, hoe gouer sal sy of haar foto in Vaalweekblad verskyn. Daar is twee maniere om in te skryf. Stuur ‘n foto van jou seuntjie of dogtertjie na [email protected], of WhatsApp dit na 083 744 7711. Die inskrywingsgeld is R80.
Onthou om jou kind se naam, van en ouderdom te verskaf. Bankbesonderhede vir die inbetaling van die R80 sal aan ouers verskaf word wanneer ons jul foto kry. Jy kan ‘n pragtige ateljeefoto van jou kleinding deur Chilli PicNic laat neem teen R100. Jou kind word dan sonder verdere koste outomaties vir die wedstryd ingeskryf. Die ateljeefoto’s sal gedurende Augustus en September geneem word.
Hou Vaalweekblad en Ster se papieruitgawes sowel as ons Facebook-profiele dop vir meer inligting oor waar die foto’s naweke geneem gaan word. Elke deelnemertjie se foto gaan in Vaalweekblad verskyn. Verskeie pryse is vir die algehele wenner sowel as vir elke kategoriewenner op die spel.
Die borge van vanjaar se Vaalweekblad en Ster Baba- en Kleuterwedstryd is Chilli PicNic, IFM 102.2, Autocare Carwash & Valet, 3@1 by Die Palms-winkelsentrum, River Square, Vaal Mall, Stonehaven-on-Vaal en Swimkids.
Meer inligting is by 083 744 7711 beskikbaar
HIER IS MEER INLIGTING OOR HOE JY JOU SEUNTJIE OF DOGTERTJIE KAN INSKRYF, OF WAAR JY HULLE PROFESSIONEEL KAN LAAT AFNEEM EN REGISTREER VIR DIE WEDSTRYD:
How to enter:
1). Bring your child (age groups: birth to 6 year old) for a professional photo shoot to these venues:
Any Sunday from 10:00 to 14:00 during August and September at Vaal Mall in Vanderbijlpark.
Saturdays: 7 & 14 August or 4 & 25 September from 10:00 to 14:00 at River Square in Three Rivers.
2). The entry fee is R100 (it includes one photo, taken professionally and sent to you by WhatsApp).
3). Enter your child’s details at the venue when the photo is taken.
4). You can order an optional extra printable CD with photos for only R150. Various photo packages and souvenirs are also available at an additional cost.
5). Alternatively you may email your own photo with R80 proof of payment to [email protected]
6). Order newspapers from Nicky at a reduced price of R5 (optional).
Awesome prizes and cash stand to be won! Contact Nicky for more information on 083 744 7711.

****************************************************************************************************************************