VANDERBIJLPARK – Franna van der Westhuizen en Emma de Clercq, twee leerlinge aan die Laerskool Kollegepark, is nasionale langasemkampioene nadat hulle die ASA Nasionale Sub-Youth 1 Myl Kampioenskap in Gqeberha gewen het.

Die twee jong atlete het goud in hul onderskeie afdelings verower en uitstekende deursettingsvermoë, dissipline en talent op die baan getoon. Hul prestasie is ’n besondere prestasie vir die skool en die Vaaldriehoek en dien as inspirasie vir ander jong sportlui.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!