News

Hill-Lewis besoek Emfuleni om historiese oorwinning te vier

Dié oorwinning is die DA se heel eerste wykoorwinning in ’n Suid-Afrikaanse township.

EMFULENI – DA-leier Geordin Hill-Lewis het Saterdag Wyk 28 in Emfuleni besoek om die party se historiese tussenverkiesingsoorwinning saam met die party se kandidaat en die DA se burgemeesterkandidaat, Kingsol Chabalala, te vier.

Die party se kandidaat, Maki Tshabalala, het die wyk met 1 001 stemme ingepalm en die ANC met ’n skrale agt stemme in die Evaton-Wes- en Beverly Hills-gebiede verslaan. Maar ‘n wen is ‘n wen!

Die oorwinning merk ’n beduidende verskuiwing in die histories ANC-oorheersde gebied, wat sedert 1994 ’n ANC-wyk was.

Inwoners het nie die kans laat verbygaan om ‘n foto saam met Hill-Lewis te kry nie. Foto: DA

Hill-Lewis het gesê die uitslag bewys dat die DA steun in enige gemeenskap kan wen, en het dit uitgelig as ’n groot deurbraak vir die party in die aanloop tot die komende plaaslike regeringsverkiesings.

Hill-Lewis was warm verwelkom deur die inwoners in die wyk wat in groot getalle saam in die vieringe gedeel het.

Die DA se boodskap tydens die besoek was duidelik: “Daar word aan elke deur geklop, want elke kieser maak vir ons saak. Kom ons staan saam om ons dorpe te laat werk.”

Inwoners het in getalle opgedaag en Hill-Lewis warm verwelkom in hul wyk. Foto: DA
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button