London wink vir drie van HS Sasolburg
Sterkte aan die spelers en afrigter wat HS Sasolburg in London gaan verteenwoordig.
SASOLBURG – Nathan Bower en Liam Singletron, albei leerders van die Hoërskool Sasolburg het Saterdag na London gereis.
Hulle is gekies vir die Kovsie Smash Krieketspan op die Aspire Sport-toer. Hoërskool Sasolburg word nie net deur spelers op die toer verteenwoordig nie.
Mnr. SW Smit is gekies as afrigter en hy het saam met die seuns vertrek.
Die skool het op hul Facebookblad gesê: “Ons is ongelooflik trots op julle prestasie en die geleentheid om internasionale blootstelling op te doen.
“Mag hierdie toer gevul wees met onvergeetlike ervarings, groot wedstryde en baie sukses – op én van die veld af. Geniet elke oomblik, speel met trots en dra die naam van Hoërskool Sasolburg met onderskeiding!”
