Suid-Afrika se Bafana Bafana speel vanaand teen Kanada in Los Angeles in die ronde van 32 van die FIFA Wêreldbeker 2026.
Die wedstryd skop om 21:00 af.
Dit is die eerste keer dat Suid-Afrika die uitklopfase van die toernooi haal.
Hoewel die span hul openingswedstryd teen Mexiko met 2–0 verloor het en in hul tweede kragmeting teen Tsjeggië 1–1 gelykop gespeel het, het hulle steeds deurgedring na die volgende ronde danksy ’n belangrike oorwinning oor Suid-Korea op 23 Junie.
Thapelo Maseko se wendoel het dié geskiedkundige deurbraak beklink.
’n Oorwinning sal Bafana Bafana na die volgende ronde van die toernooi stuur, terwyl ’n nederlaag hul geskiedkundige Wêreldbeker-veldtog tot ’n einde sou bring.