Wen kaartjies en sien Smokie by Carnival City!
Twee gelukkige Vaalweekbladlesers gaan elk dubbelkaartjies vir die vertoning wen!
Sedert die ontstaan van die Britse rockgroep Smokie, meer as 40 jaar gelede, het dit ‘n stewige plek op baie treffersparades en in baie harte ingeneem. Dit is steeds Europa se top “live band”.
Hul massiewe suksesverhaal het vinnig regoor die wêreld begin floreer en hulle het een na die ander treffer opgelewer – ook in Suid-Afrika, Skandinawië, Duitsland en selfs China. Smokie het in vier dekades – die 70’s, 80’s, 90’s tot vandag – verskeie platinumplate verwerf en hul konserte verkoop steeds soos soetkoek.
Of jy nou met die legendariese groep se musiek grootgeword het of hul treffers eers in later jare op die dansbaan leer ken het, die kanse is goed dat jy presies sal weet wie Alice is…
Suid-Afrikaners is bevoorreg om die groep op 17 en 18 Desember by Carnival City se Big Top Arena te sien optree en al hul grootste treffers soos Living Next Door to Alice, Lay Back in the Arms of Someone and If You Think You Know How to Love Me, te hoor.
Die orkeslede, Pete Lincoln (hoofsanger, kitaar), Luke Bullard (agtergrondsang, baskitaar), Mick McConnell (agtergrondsang, hoofkitaarspeler), Martin Bullard (klawerbord) en Steve Pinnell (tromme en perkussie) sê hulle sien baie uit na hul komende besoek en hoop Suid-Afrikaners hou solank die braaivleisvure en rooiwyn reg!
Die vertoning van 17 Desember by Carnival City se Big Top Arena is reeds uitverkoop, maar Lefra Produksies het ‘n ekstra vertoning vir 18 Desember om 18:00 geskeduleer. Besprekings kan gedoen word by Ben Marais by 076 311 3888 of by www.LTickets.co.za of by Computicket.
Wedstryd
* Twee gelukkige Vaalweekbladlesers gaan elk dubbelkaartjies vir die vertoning wen.
Neem so deel:
SMS die woorde Mooi Smokie, gevolg deur jou naam, jou van en epos-adres na 37338. SMS’e kos R1-50 elk en jy mag soveel keer instuur as wat jy wil. SMS’e moet ons nie later nie as 6 Desember bereik.
Wenners sal per epos in kennis gestel word en die beslissing van die organiseerders is finaal. Bepalings en voorwaardes geld.



