VANDERBIJLPARK. – Die Vaal Voëlklub kom weer Maandag, 8 Mei bymekaar. Andrew de Blocq van Birdlife SA gaan gesels oor voëls en toerisme in Suid-Afrika.

Almal is welkom en toegang is gratis. Bring net jou eie beker indien jy graag koffie of tee wil geniet.
Verrigtinge begin om 19:00 by die Palms Aftreeoord se saal. Vir meer inligting kontak gerus vir Rina de Klerk. Haar nommer is 082 626 6990.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
