News

Help DBV-inspekteurs om diere in nood te bereik

Skenkings sal gebruik word om die Vereeniging en Vanderbijlpark DBV se reddingsvoertuie op die pad te hou.

VEREENIGING – Die Vereeniging en Vanderbijlpark DBV doen ’n beroep op inwoners om sy inspekteursafdeling te ondersteun en sodoende te help verseker dat diere in nood betyds bereik kan word.

Die organisasie se inspekteurs reageer onder meer op berigte van beseerde en verwaarloosde diere, dieremishandeling en diere wat verlaat is.

Volgens die DBV is betroubare vervoer noodsaaklik om dié noodoproepe te kan hanteer. Elke rit bring egter uitgawes soos brandstof, bande, voertuigonderhoud en herstelwerk mee.

Skenkings aan die veldtog sal gebruik word om dié koste te help dek en die DBV se reddingsvoertuie op die pad te hou.

“’n Enkele skenking kan ’n inspekteur help om ’n dier te bereik wat niemand anders het om na hom om te sien nie,” sê die DBV.

Inwoners kan deur die DBV se webwerf of via PayFast skenk.

Elektroniese betalings kan ook in die Vereeniging DBV se Absa-spaarrekening, rekeningnommer 9258578888, takkode 632005, gemaak word. Gebruik “Fuel” en jou naam as verwysing.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button