
VANDERBIJLPARK – Drie ruiters van die Hoërskool Driehoek het vir die nasionale Western Mounted Games-kampioenskap gekwalifiseer wat by die Afridome in Parys vanaf 28 September tot 2 Oktober gaan plaasvind.

Danè Scholtz (graad 12) en Jessica Deyzel (graad 11) het goud in die Junior Vlak 3-afdeling behaal, terwyl Melissa Jeanette Powell (graad 8) silwer in die Kinder Vlak 1-afdeling verower het. Hulle sal die Vrystaat by die nasionale byeenkoms verteenwoordig.

Deyzel het ook ’n tweede kwalifikasie behaal. Sy het met albei haar perde, Adél en Hidalgo, gekwalifiseer om Gauteng by die nasionale Sanesa-kompetisie te verteenwoordig. Adél sal in Hoërskool Vlak 1 meeding, terwyl Hidalgo in Hoërskool Vlak 3 sal deelneem.
