Local newsNewsNews

ELM-inwoners moet Eskom nou direk betaal

In die lang duur is dit waarskynlik 'n goeie verandering, maar dit beteken meer moeite vir inwoners wat net een rekening van ELM sal ontvang en dan self die berekeninge sal moet maak om die bedrae vir kragverbruik aan Eskom oor te betaal.

In ‘n mediaverklaring wat deur Gerda Senekal – VF Plus-raadslid: Emfuleni-plaaslike munisipaliteit uitgereik is, is die gerugte beaam.

Kragverbruikers in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit sal vanaf vandeesmaand nie meer hul uitstaande kragrekeninge aan die munisipaliteit oorbetaal nie, maar direk aan Eskom.

“Dit volg op ʼn hofuitspraak van Junie 2023 wat nou eindelik afgedwing word. Dit het Eskom as agent aangestel vir die invordering van kragrekeninge weens die munisipaliteit se wanbetaling aan die nasionale kragvoorsiener,” verduidelik rdl. Senekal.

ELM se skuld aan Eskom het reeds in 2022 ʼn astronomiese R5,9 miljard beloop, waarna die munisipaliteit by Eskom om die skuldverligtingsprogram aansoek gedoen het. Die program word deur die nasionale tesourie (NT) gemonitor.

“Die munisipaliteit kon nie die ooreenkoms nakom om sy historiese skuld af te betaal en sy huidige kragrekening op datum te hou nie, waarna Eskom die voordeel teruggetrek het,” sê rdl Senekal.

“Eskom het verlede jaar begin om uitvoer te gee aan die hooggeregshof se bevel en sowat ʼn duisend ondernemings in Emfuleni is toe versoek om hul uitstaande kragrekeninge direk aan Eskom te betaal.

“Die volle bevel is nou in werking gestel om ook huishoudings in te sluit”, sê rdl. Senekal.

Volgens haar verklaring voorsien die VF Plus groot uitdagings met die oorbetaling van kragrekeninge aan Eskom, aangesien inwoners net een rekening vanaf Emfuleni ontvang en inwoners nou self die berekeninge moet maak om die bedrae vir kragverbruik aan Eskom oor te betaal.

Probleme kan insluip indien die rekeningvaslegging nie betyds of akkuraat gedoen word nie.

Dit kan daartoe lei dat huishoudings se krag afgesny word al is hul rekeninge ten volle of gedeeltelik vereffen.

“As Emfuleni hom nie skuldig gemaak het aan wanbestuur nie en die munisipaliteit suksesvol bestuur het, sou verbruikers hierdie ongerief gespaar gewees het.

“Inwoners word nou gestraf vir die ANC-regering se onbevoegdheid.

“Die VF Plus sal met inwoners in verbinding bly om te help met enige probleme en wanneer die nuwe reëling faal, sal die munisipaliteit verantwoordelik gehou word,” sluit rdl. Senekal af.

  • Vaalweekblad sal meer inligting probeer bekom. Hou volgend week se Vaalweekblad dop vir opvolgberig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: [email protected]
Check Also
Close
Back to top button