Entertainment

Plaaslike gewigstootster kry internasionale kans

Valia is tans in goeie vorm.

MEYERTON – Darius Botha het vanjaar reeds gewys dat hy die 20-metergrens kan oorskry. Nou kry die 16-jarige Hoërskool Dr. Malan-atleet die geleentheid om sy vorm en vernuf buite die grense van Suid-Afrika te toets.

Hy is onlangs gekies om Suid-Afrika by die COSASSA Spele in Bulawayo in Zimbabwe te verteenwoordig. Hy en sy pa, Ambro wat ook sy afrigter is, vertrek eerskomende Vrydag na die Spele.

Van 4 tot 13 Desember  in Maputo in Mosambiek wink nog ’n internasionale uitdaging vir hom wanneer hy as deel van die ASA-span aan die Streek 5 Spele gaan deelneem.

Sy 2026-seisoen was tot dusver iets besonders. By die D7-kampioenskap het hy die o.17-gewigstoot met ’n afstand van 20,06 m gewen. Hy het ook goud in die diskus (53,84 m) en hamergooi (48,64 m) verower.

By Dokkies se Super Interhoër het hy met ’n stoot van 19,93 m ’n nuwe rekord opgestel. Hy het ook ‘n afstand van 53,84 m in die diskus behaal.

Daarna by die ASA-kampioenskap het hy weer goud in die gewigstoot gewen, dié keer met ‘n poging van 19,71 m, terwyl hy derde in die diskus met ‘n gooi van 54,06 m geëindig het.

Voorts by die SA Skolekampioenskap het hy die o17-gewigstoot met 19,12 m gewen en vierde in die diskus met ʼn afstand van 55,63 m geëindig.

Maar agter die prestasies en medaljes skuil ’n streng oefenprogram.

“Ons oefen elke dag. Ons het Vrydag ons laaste sessie en dan is ons reg vir die ding,” sê Ambro Botha.

Darius se goeie vorm is egter niks nuuts nie. Hy was in 2023 en 2024 eerste op die nasionale top-10-ranglys vir o17-diskus en tweede in gewigstoot. In 2025 was hy eerste in die diskus en derde in gewigstoot. Vanjaar is hy weer eerste in die diskus en tweede in die gewigstoot.

In September 2025 was hy volgens die Wêreldatletiek se ranglys die vyfde beste gewigstootatleet ter wêreld in sy ouderdomsgroep.

Spanning loop tans hoog en die uurglas loop leeg. Vrydag vertrek hy en sy pa na Zimbabwe. Daarna volg Maputo in Desember.

Ambro is vol vertroue dat sy seun by albei kompetisies om die goud kan meeding. Met ’n afstand van 20,06 m reeds op sy kerfstok, gaan Darius Botha beslis nie na Zimbabwe en Maputo om bloot deel te neem nie. Hy is ‘n aanspraakmaker om ʼn medalje.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: [email protected]
Check Also
Close
Back to top button