EntertainmentLifestylePhoto Galleries

Aangrypende vertoning by Etienne Rousseau Teater

Die klassieke kitaarspeler James Grace, Carli Spanish Dance Productions en die fotograaf Ilse Moore het die gehoor Vrydagaand 9 Junie in vervoering gehad met hul unieke en hoogs genotvolle aanbieding. Mense wat vanaand gaan kyk, kan hul gereedmaak vir groot plesier!

Die kombinasie van wêreldgehalte kitaarmusiek, lewendige Spaanse danse en unieke, sensuele onderwaterfotografie wat op grootskerm vertoon is, het toeskouers gisteraand vir meer as twee ure geboei. Diegene wat na vanaand se vertoning by die Etienne Rousseau Teater gaan kyk, kan hier onder ‘n voorsmakie kry van die genot wat op hulle wag. James Grace se CD’s is te koop, neem dus jul beursies saam!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button