EntertainmentPhoto GalleriesSportSportSport

Fotogalery: Bokkieweek 2019

Ettienne van Rensburg VEREENIGING. – Indien jy einde September aksie op ‘n rugbyveld, netbalbaan, gholfbaan of krieketveld in die Vaaldriehoek gesien het, bestaan daar ‘n groot moontlikheid dat dit deel van die jaarlikse Somer Bokkieweek was. Kranige spelers van regoor die land sak jaarliks op die Vaaldriehoek toe om hulle vernuf ten toon te stel. …

Ettienne van Rensburg
VEREENIGING. – Indien jy einde September aksie op ‘n rugbyveld, netbalbaan, gholfbaan of krieketveld in die Vaaldriehoek gesien het, bestaan daar ‘n groot moontlikheid dat dit deel van die jaarlikse Somer Bokkieweek was.
Kranige spelers van regoor die land sak jaarliks op die Vaaldriehoek toe om hulle vernuf ten toon te stel.
Vereeniging Gimnasium se sportvelde is jaarliks die spil waarom alles draai. Terwyl Gimmies gasheer vir die sewesrugbywedstryde en Fast 5-netbalwedstryde gespeel het, is die Dick Fourie-stadion, Old Vaaltonians, Overvaal en Meyerton Krieketklub se velde gebruik om al die krieketkragmetings te akkommodeer.
Die laaste gholfkragmetings is Saterdag op die Heron Banks Gholfbaan in Vaalpark beslis.
Volgens die organiseerders van die week is hulle in hul skik met die gehalte van spel wat tydens die week opgelewer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button