EntertainmentSportSport

Ilze volg haar droom volstoom

VANDERBIJLPARK. – Dit is jou ingesteldheid in die lewe wat bepaal of jou lewenspad met duwweltjies of roosblare besaai is. Dít, asook haar Christelike waardes is die fondasie waarop die 18-jarige Ilze du Plessis, ‘n eerstejaar onderwysstudent aan die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal) haar lewensbestaan skoei. Alles wat sy aandurf, doen sy met …

VANDERBIJLPARK. – Dit is jou ingesteldheid in die lewe wat bepaal of jou lewenspad met duwweltjies of roosblare besaai is.

Dít, asook haar Christelike waardes is die fondasie waarop die 18-jarige Ilze du Plessis, ‘n eerstejaar onderwysstudent aan die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal) haar lewensbestaan skoei.

Alles wat sy aandurf, doen sy met oorgawe en positiwiteit. “Teleurstellings gaan op jou pad kom, maar jy sal moet leer om dit te verwerk en te hanteer,” sê sy.

Volgens Amanda Dreyer, afrigter van die NWU Vaal se netbalspan, is dit een van die redes waarom Ilze vir haar as speler uitstaan.

“Sy is ‘n veelsydige sportvrou met ‘n passie en goeie sportmangees en sy speel met flair. Sy doen alles volstoom,” sê Dreyer, wat slegs een van twee elite afrigters in die Vaaldriehoek is.

Of dit nou op die netbalbaan, ringbalbaan, gimnastiekmat of atletiekbaan is, sy sal nooit daarvan aangekla kan word dat sy lyf wegsteek nie.

Haar positiewe uitkyk op die lewe en natuurlike sporttalent is iets wat al vele toekennings aan haar besorg het. Sy spog onder meer met Gauteng-kleure in gimnastiek en atletiek, maar die kersie is onlangs op die koek gesit toe sy Suid-Afrikaanse-kleure in ringbal verwerf het.

“Ek is van kleins af aan alle sportsoorte blootgestel.

“My liefde vir netbal het op kleuterskool begin toe ek mini-netbal gespeel het,” vertel.

Die appel val ook nie ver van die boom nie. Haar ma, Karen (47) het in haar gloriedae vir die ou Wes-Transvaal netbal gespeel en haar ouboet, Eugene is self ‘n bedrewe sportman wat met provinsialekleure in verskeie sportsoorte spog. Hy beoog om ‘n beroepsgholfspeler te word.

Hoewel die uitbreek van die Covid-19 pandemie haar sportdeelname in haar eerste jaar op universiteit belemmer het, is sy steeds positief en opgewek.

“Ek geniet my studies baie by NWU Vaal. Almal het my vining laat welkom voel en is baie behulpsaam. NWU Vaal het een van die mooiste kampusse,” sê sy. Hoewel haar oefenroetine tydens die grendeltydperk versteur is, het sy nie in sak in as gaan sit nie.

“Ek probeer ‘n gesonde leeftsyl volg. Ek spring gereeld tou en volg Adidas se fiksheidsprogram. Ek gaan draf en stap so nou en dan en volg ook die NWU se netbalprogram,” vertel sy.

Die boorling van Vanderbijlpark sien  uit daarna om vir NWU netbal te speel en beoog om benewens haar onderwysstudies, ook bykomende sportkursusse te doen.

“Ek beplan om by afrigting van skole netbal, atletiek en ringbal betrokke te raak, maar my groot droom is om eendag vir ‘n senior provinsiale netbalspan te speel,” bieg sy

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button