EntertainmentSportSport
Hoë oktaan aksie by Sandtrax
SASOLBURG. – Weens die Covid-19 pandemie is die beoefening van sport beperk. Dit hou egter nie Motocross-geesdriftiges terug om hulself te geniet nie. Vroeër vandeesmaand was die Sandtrax Motorcross Park in Sasolburg ‘n miernes van bedrywigheid toe tweewiel-geesdriftiges hul vaardighede op die baan geslyp het. As die geblêr van motorfietsenjins en die reuk van brandstof …

SASOLBURG. – Weens die Covid-19 pandemie is die beoefening van sport beperk. Dit hou egter nie Motocross-geesdriftiges terug om hulself te geniet nie. Vroeër vandeesmaand was die Sandtrax Motorcross Park in Sasolburg ‘n miernes van bedrywigheid toe tweewiel-geesdriftiges hul vaardighede op die baan geslyp het. As die geblêr van motorfietsenjins en die reuk van brandstof jou pols vinniger klop kan jy gerus naweke die baan gaan besoek. Sandtrax MX Park het ook ‘n facebookblad waarop inligting gereeld gedeel word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
