Besighede: Wen ‘n R10 000 jaareindfunksie by Stonehaven!
Stonehaven is net die plek om 'n moeilike jaar af te sluit
VANDERBIJLPARK. – Vir baie sakeondernemings was 2020 hul moeilikste jaar ooit. As daar ooit ‘n regte tyd was, is dit nou die tyd om jou personeel en lojale klënte te trakteer op ‘n ‘2020 oorlewingsviering’. En waar gaan jy ‘n beter plek vir ‘n viering in die Vaaldriehoek kry as by Stonehaven-on-Vaal met sy groot tuine, grasperke, ruim sale en vlotte waar sosiale afstand met gemak toegepas kan word terwyl almal steeds hope pret kan hê?
Stonehaven bied vanjaar ‘n keuse van soveel opwindende tipes funksies aan dat jy beslis een sal vind wat by jou onderneming se behoeftes – en beursie – gaan pas. Kies tussen ‘n partytjie op die Vaalrivier, op die oewer van die rivier, in die bekoorlike tuine of in die lieflike privaatlokale, of bespreek ‘n middagete of sonsondergangvaart vir jou werknemers op ‘n vlot en bring die res van jou groep se tyd deur in een van die stylvolle lokale op Stonehaven se perseel. Jy kan byvoorbeeld kies uit ‘n keurige twee- of driegangmaaltyd vir jou personeel, ‘n aktiewe hengeldag (visstokke en bykomstighede word verskaf), ‘n potjiekoswedstryd, ‘n ontbyt, middagete of aandete in die tuine, in een van die pragtige lokale of op ‘n vlot.
Al is jou jaareind-geleentheid vir net twee mense of vir ‘n paar honderd, Stonehaven het die antwoord en kan alles akkommodeer – en boonop voldoen al hul funksies aan die sosiale-afstandvereistes van die huidige inperking. Spesiale persoonlike verwelkomingskennisgewings, rigtingwysers en spyskaarte met jou onderneming se naam word vir elke geleentheid verskaf en is by die prys van jou geleentheid ingesluit. Jy kan ook ‘n kleurskema met jou besigheid se korporatiewe kleure kies.
Daar is opwindende jaareind-temas om van te kies: Byvoorbeeld Out of Africa-Kerstyd, ‘n tradisionele Kersfees, ‘n Good Bye 2020-tema of selfs ‘n “Welkom 2021-afskoppartytjie” in Januarie of Februarie. Bel Stonehaven by (016) 982 2951/2 of e-pos info@stonehaven.co.za vir meer inligting om jou geleentheid te bespreek.
Wen ‘n jaareindfunksie ter waarde van R10 000!
Vroeër vanjaar se streng grendelvlakke het finansiële verwoesting gesaai vir baie, maar tog ken ons almal die uitdrukking “Benut ‘n krisis tot jou voordeel“. Die grendelstaat het sake-eienaars uitgedaag om uit die boks te dink om as besigheid te oorleef. Vaalweekblad en Ster wil graag ons plaaslike besighede se oorlewingsverhale hoor!
Het almal in jou of jou baas se sakeonderneming regdeur die hiërargie saamgewerk om die wiele aan die rol te hou? Het julle saamgetrek, na mekaar omgesien, was julle besorgd oor mekaar en het julle jul kollegas wat probleme gehad het, bygestaan? Het julle sterker aan die ander kant uitgekom? Het julle nuwe idees in jul besigheid geïmplementeer wat julle in die toekoms kan benut? Vertel ons julle storie in Afrikaans of Engels en e-pos dit aan rfichat@media24.com nie later nie as 20 Oktober. (Dit kan ‘n paragraaf of ‘n langer verslag wees, maar verkieslik minder as 300 woorde).
Besigheidseienaars of werknemers kan inskryf, maar maak seker dat jy jou baas se goedkeuring het!). Die beste verhale gaan gereeld op MooiVaal Media se webwerwe gelaai word en die uiteindelike wenner ontvang ‘n prysbewys ter waarde van R10 000 vir ‘n jaareindfunksie by Stonehaven, of vir ‘n “2021 Kick-Off” verwelkomingspartytjie in Januarie of Februarie.
* Let asb. daarop dat die prys nie vir kontant omgeruil sal kan word nie.
