News

Midvaal soek lyfwagte

Kan tot R450k per jaar verdien.

Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit adverteer vier vakante poste vir lyfwagte wat die uitvoerende burgemeester, speaker en ander senior amptenare wat as moontlike teikens beskou word, moet beskerm.

Die poste bied ’n jaarlikse salaris van R459 939,20.

Suksesvolle kandidate sal verantwoordelik wees om amptenare veilig en binne die wetlike spoedbeperkings te vervoer, plekke te beveilig, reisroetes vooraf te beplan en amptelike voertuie in stand te hou.

Die werk behels ook algemene administratiewe pligte in die kantoor en werk buite gewone kantoorure wanneer nodig.

Aansoekers moet oor ’n matrieksertifikaat, ’n kwalifikasie as ’n beampte in persoonlike beskerming (Close Protection Officer), rekenaarvaardighede in Microsoft Word, Excel en PowerPoint, asook ’n geldige bestuurslisensie beskik. ’n Gevorderde bestuurskwalifikasie sal ’n aanbeveling wees.

Kandidate moet ook oor twee tot drie jaar se ervaring in BBP-beskerming beskik, asook ’n geldige vuurwapenlisensie en bevoegdheidsertifikaat. Goeie kommunikasie- en administratiewe vaardighede word vereis.

Die poste is op ’n vastetermynkontrak, gekoppel aan die ampstermyn van die betrokke ampsdraers.

“Voorkeur sal gegee word aan aansoekers wat verteenwoordigendheid bevorder in ooreenstemming met die munisipaliteit se diensbillikheidsteikens,” het die munisipaliteit gesê.

Die munisipaliteit waarsku dat dit nooit enige fooie vir werwing vra nie. Enigeen wat op bedrieglike werwingspraktyke afkom, kan dit by die bedrogblitslyn by 010 496 2662 aanmeld.

Aansoeke moet teen 12:00 op 6 November deur die Midvaalse Plaaslike Munisipaliteit se webwerf, www.midvaal.gov.za, ingedien word.

Navrae kan aan die menslikehulpbronafdeling by 016 360 7435, 7432, 7569 of 7557 gerig word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button