AmusingEntertainmentLocal newsNewsNewsBreaking News

KYK: Nog verkeersopeenhopings toe inwoners Blackwoodstraat versper

VEREENIGING. – Dit was Saterdagaand die tweede aand in ‘n ry wat inwoners van Drie Riviere paaie in die dorp versper het. Die protesaksies volg omdat gedeeltes van Drie Riviere reeds vir twee weke sonder elektrisiteit sit nadat ‘n substasie en ondergrondse kragkabels ontplof het. Raadslid Elize Aucamp van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het gister …

VEREENIGING. – Dit was Saterdagaand die tweede aand in ‘n ry wat inwoners van Drie Riviere paaie in die dorp versper het.
Die protesaksies volg omdat gedeeltes van Drie Riviere reeds vir twee weke sonder elektrisiteit sit nadat ‘n substasie en ondergrondse kragkabels ontplof het.
Raadslid Elize Aucamp van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het gister laat weet dat goedkeuring gegee is om ‘n kabel van 2.7km aan te lê om die ou kabel, wat glo in ‘n gehawende toestand is, te vervang.
Daar word gehoop dat dit sal help om ‘n einde te bring aan gereelde kragonderbrekings in die buurt.
Die protesoptrede het in Blackwoodstraat, by die kruising met Hawthornestraat plaasgevind.

Kyk video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button