News

Gesin met twee outistiese kinders verloor alles in brand

Die gesin is in groot nood.

VANDERBIJLPARK – ’n Gesin in SW2 met drie jong kinders, waarvan twee outisties en nie-verbaal is, het alles in ’n verwoestende brand verloor.

Celeste Swanepoel ‘n inwoner van die buurt het op Facebook ’n beroep op die gemeenskap gedoen om die gesin te help om weer van voor af te begin.

“Die SW2-gemeenskap is amazing en hulle ‘show up’. Maar ek kan nie help om te dink hoe groot die verlies moet wees nie,” skryf sy.

Swanepoel vertel hoe sy tydens die brand vir haar eie kinders probeer verduidelik het dat, indien dieselfde met hulle sou gebeur, alles wat hulle oorhet dit is wat in hul motor is.

Die gesin se verlies strek veel verder as net hul huis en meubels. Klere, onderklere, bankkaarte, sleutels, kombuisware, gordyne, toiletware en ander persoonlike besittings is ook in die brand vernietig.

Swanepoel doen ’n beroep op mense om bruikbare items te skenk wat die gesin kan help om hul huishouding weer op die been te bring.

Benodigdhede sluit gordyne, beddegoed, komberse, handdoeke, klere en onderklere, toiletware, persoonlike higiëneprodukte, kombuisware, eetgerei, potte en panne, klein kombuistoestelle en kruideniersware in.

Speelgoed vir die kinders en ander bruikbare huishoudelike items is ook welkom. Die gesin benodig verder nommer 6-pull-updoeke.

Swanepoel vra dat mense asseblief bruikbare items skenk en nie goed wat eintlik weggegooi moet word nie.

“Ek ken nie hierdie mense nie. Maar hulle bly om die draai van ons. Dit kon ons gewees het. Dit kon julle gewees het.”

  • Besonderhede oor waar en hoe skenkings gedoen kan word, sal geplaas word sodra dit beskikbaar is. Verdere opdaterings sal volg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button