EntertainmentNewsSchools

2020 Matrieks, wen fantastiese kontantpryse met jul foto’s!

Die wedstryd word aangebied deur: Vaalweekblad, Ster, Gas Monkey, Vox Telecom, Gold Exchange en Centre Stage Dance Academy.

 

Vaaldriehoekse matrikulante van 2020, hier is jul kans om duisende rand te wen met jul matriekafskeidfoto’s! Vaalweekblad en Ster, in samewerking met ons gewaardeerde wedstrydvennote Gas Monkey, Vox Telecom, Gold Exchange en Centre Stage Dance Academy bied hierdie Desember ‘n e-wedstryd aan om die oulikste matrikulant of matriekpaartjie van die jaar aan te wys.

Hoe om in te skryf:
Stuur vir ons EEN foto van jou (alleen of saam met jou metgesel) in jou matriekafskeidsklere.
E-pos dit na saintsberk@gmail.com of WhatsApp dit na 076 454 9256. (Kies net EEN van hierdie metodes).
Die foto kan kop-en-skouers of vollengte wees.
Onthou om jou naam en van sowel as jou skool se naam by te voeg.
Verskaf ook ‘n selnommer waar ons jou kan kontak as jy ‘n wenner is.

Stuur julle foto’s nie later nie as 30 Desember 2020!

Wie mag inskryf?
Alle Vaaldriehoekse matrikulante van 2020 mag inskryf, ongeag of jy in ‘n staatskool of privaatskool was.
Matrikulante van Parys mag ook deelneem.
As jy nie so gelukkig was om ‘n amptelike matriekafskeid te hê nie, kan jy steeds deelneem. Trek net jou deftigste klere aan, maak jou mooi, neem ‘n selfie of laat iemand jou afneem en stuur die foto voor 30 Desember na die e-pos adres of WhatsApp-nommer wat bo verskaf is.
Al die foto’s gaan teen 31 Desember op Vaalweekblad Facebook geplaas word.
Hou dan net elke dag Vaalweekblad Facebook dop om te sien wanneer jou foto verskyn.

Hoe word die wenners bepaal?
Die tien foto’s wat die meeste “likes” en “shares” op Vaalweekblad Facebook kry, sal die Top Tien wees, waarna ‘n onafhanklike paneel beoordelaars die finale wenners vroeg in Januarie gaan aanwys.
Deelnemers in die Top 5 posisies gaan pryse ontvang en hul foto’s gaan ook in Vaalweekblad van 13 Januarie 2021 verskyn.

Spring gou en stuur jou foto sommer vandag nog in!

Die wedstryd word aangebied deur: Vaalweekblad, Ster, Gas Monkey, Vox Telecom, Gold Exchange en Centre Stage Dance Academy.

 

************************************************************************************

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button