EntertainmentNewsSchools

Hier is die Vaal se deftigste matrieks van 2020

* Vaalweekblad bedank graag ons wedstrydvennote: Gas Monkey, Vox Telecom, Gold Exchange en Centre Stage Dance Academy vir hul deelname.

Vaalweekblad het gedurende Desember ‘n aanlynwedstryd aangebied om die matrieks wat die meeste aandag getrek het by 2020 se matriekafskeid-geleenthede, te vind.
Vaalweekblad het meer as 300 inskrywings ontvang en ons het behoorlik saam met ander Facebook-lesers na ons asems gesnak toe ons sien hoe swierig al ons matrieks gelyk het. Gelukkig was dit nie ons taak om ‘n wenner aan te wys nie want almal was ewe asemrowend!
Die uitslag is bepaal deur die aantal “likes” wat elke inskrywer se foto op Facebook gekry het. Die wenner is Demi du Plessis van Hoërskool Sasolburg (en metgesel Elgan Fourie) met 705 stemme, en tweede is Lenieke de Beer van Hoërskool Sasolburg met 486 stemme.
Juané de Wet van Hoërskool Driehoek is derde met 461 stemme.
Izaan Lessing (en metgesel) van Hoërskool Transvalia is vierde met 447 stemme en Marelize la Grange van Hoërskool Dr. Malan vyfde met 411 stemme.
Al 5 die wenners ontvang pryse van Vaalweekblad en die borge van die wedstryd.

* Vaalweekblad bedank graag al die matrikulante wat deelgeneem het, sowel as ons wedstrydvennote: Gas Monkey, Vox Telecom, Gold Exchange en Centre Stage Dance Academy.

Eerste plek: Demi du Plessis van Hoërskool Sasolburg (en metgesel Elgan Fourie).
Tweede: Lenieke de Beer van Hoërskool Sasolburg.
Derde: Juané de Wet van Hoërskool Driehoek.
Vierde: Izaan Lessing (en metgesel) van Hoërskool Transvalia.
Vyfde: Marelize la Grange van Hoërskool Dr. Malan.

Back to top button