EntertainmentNews

Jak En Die Rankplant – Kyk na dié kostelike kort animasiefilm

Die kortfilm het sy ontstaan gedurende inperking gehad toe teatermaker Kosie Smit en komponis Dawid Boverhoff besluit het om saam te span en goeie vermaak te skep.

Hier is heerlike ligte vermaak vir die kleingoed om aanlyn te kyk….

 

Jak en sy Ma woon in ‘n vervalle klein huisie buite die dorpie Welgedra. Jak is ‘n baie skeppende knaap wat versot is daarop om konsertklere te maak waarmee hy mense poetse bak. Alles was lekker pret tot sy Pa eendag só groot  geskrik het  dat hy sommer weggehardloop het. Nou moet Ma alleen vir Jak  grootmaak en geld en kos is skraps. Sal Jak ‘n plan kan beraam dat hul kan geldmaak om aan die lewe te bly?

 

Jak en die Rankplant is ligweg gegrond op die bekende sprokie. Met Tobie Cronjé as die stem van Frikkie die reus, oorspronklike teks en nuwe liedjies, beoog hierdie kortfilm om die hele gesin te betower. Hendré Calitz vertolk die stem van Jak, Zahné Durand is Jak se vriendin Magdil en talentvolle komediant Anel Wood gee lewe aan Ma.

 

Die kortfilm het sy ontstaan gedurende inperking gehad toe teatermaker Kosie Smit en komponis Dawid Boverhoff besluit het om saam te span en goeie vermaak te skep. Kosie is verantwoordelik vir die teks, animasie en redigering. Dawid het die musiek geskryf, musiekregie behartig en saam met Kosie die produksie se regie aangepak. Die projek het ‘n bekoorlike handgemaakte gevoel en beide Kosie en Dawid het alles wat hul in die huis kon vind, gebruik om die kortfilm te maak.

 

Stemkunstenaars

Tobie Cronjè – Frikkie die reus

Hendré Calitz – Jak

Anel Wood – Ma

Zahné Durand – Magdil

 

Teks, animasie & redigering

Kosie Smit

 

Musiek, musiekregie & klankbaan

Dawid Boverhoff

 

Regie & vervaardiging

Kosie Smit

Dawid Boverhoff

 

Tydsduur: 33 minute

Besprekings en kyk by www.quicket.co.za

(Aanlyn skakel https://www.quicket.co.za/events/136102-jak-en-die-rankplant/ )

Kortfilm, musiekblyspel, komedie

Geskik vir die hele gesin

*****************************************************************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button