‘n Spesiale verjaardag vir Vaalpark se hoof
Vaalweekblad wens ook vir Juf. Karin ‘n gelukkige verjaardag toe.
VAALPARK. – Al kon hul skoolfhoof, Karin Baker, nie vandag haar verjaardag saam met hul vier nie, het die leerders van die Vaalpark Primêre Skool seker gemaak Karin weet hulle dink aan haar.

Al die leerders en personeel het op 10 Junie spesiaal pienk, wit en blou aangetrek om op so ‘n manier te wys dat hul aan hul skoolfhoof dink en die dag saam met haar vier.
Elke klas het ‘n video-opname gemaak, waarin die klasse haar met haar verjaardag gelukwens. Juf. Karin het laat weet dit was vir haar baie spesiaal om kort-kort ‘n video te ontvang.
Die skool het ook vir haar ‘n mooi bos blomme gestuur. Vir aandete het die skool met Memories Restaurant in Vanderbijlpark gereël, om vir haar en haar man, ‘n heerlike bord kos met nagereg, by hul huis te laat aflewer.
“Baie geluk met jou verjaarsdaag juffrou Karin!” het die skool op hul Facebookblad laat weet.
