Entertainment

Een dood, dogtertjie (3) en man beseer in ongeluk

ER24 sê ’n vrou is dood en twee ander beseer in ’n ongeluk op die R549 naby Deneysville waartydens ’n ligte motorvoertuig en ’n vragmotor glo met mekaar gebots het.

VEREENIGING. – ’n 3-jarige dogtertjie tel onder die beseerdes.

Volgens ER24-woordvoerder, Russel Meiring, het nooddienswerkers Dinsdag (31 Augustus 2021) omstreeks 09:00 by die toneel aangekom en die opgevrommelde motorvoertuig in die noodbaan aangetref.

Die vragmotor het in die veld gestaan.

“Nooddienswerkers het ’n vrou binne die ligte motorvoertuig aangetref. Sy het reeds aan beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.

“’n 3-jarige dogtertjie was in die ligte voertuig was, sowel as ’n manspersoon wat die vragmotor bestuur het, het beserings opgedoen.”

Hulle is na die hospitaal geneem vir verdere sorg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button