Entertainment

Bekende skrywer, Wilbur Smith, sterf op 88 in Kaapstad

Hy het in totaal meer as 40 boeke geskryf wat almal topverkopers geword het.

Wilburg Smith, geliefde skrywer van wêreldbekende blitsverkopers, is in die ouderdom van 88 in Kaapstad oorlede.
Die oorsaak van sy dood is nog nie bekendgemaak nie.
Sedert sy eerste boek. When the Lion Feeds in 1964 verskyn het, het Smith wêreldbekend geword vir sy aangrypende avontuurverhale, wat meestal in Suid-Afrika of ander Afrika-lande afspeel.
Hy het in totaal meer as 40 boeke geskryf wat almal topverkopers geword het.
Wikipedia verskaf dié inligting oor een van die wêreld se suksesvolste romanskrywers:
Wilbur Addison Smith is ‘n Zambies-Suid-Afrikaanse romanskrywer. Hy spesialiseer in historiese fiksie oor Suider-Afrika, gesien vanuit die gesigspunte van beide swart en wit gesinne. Hy was aanvanklik ‘n rekeningkundige.
Geboortedatum: 9 Januarie 1933
Geboorteplek: Kabwe, Zambië
Gesterf: 13 November 2021
Gade: Mokhiniso Smith
Kinders: Dieter Schmidt, Lawrence Smith, Christian Smith, Shaun Smith
Mag hy in vrede rus….. :-( 
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button