News

Beslag gelê op onwettige goedere in Meyerton

Ondernemings word daaraan herinner om die wet te gehoorsaam en te verseker dat die produkte wat hulle verkoop wettig en eg is.

MEYERTON – Die SAPD in Gauteng het beslag gelê op onwettige en nagemaakte goedere ter waarde van meer as R696 000 in vier distrikte, waaronder Midvaal.

Vier operasies is van 19 tot 23 Oktober oor die provinsie uitgevoer deur die Gautengse Eenheid teen Namaakgoedere, in samewerking met handelsmerkbeskermingsverteenwoordigers en plaaslike #SAPD-lede in Meyerton, Temba, Crown Mines en Fochville. 

In totaal is 24 winkels besoek en beslag gelê op 9 602 items met ‘n geskatte waarde van R696 135.

Hierdie operasies vorm deel van die SAPD se pogings om die verkoop en verspreiding van nagemaakte en onwettige goedere te stuit. 

Dit help ook om wettige ondernemings en verbruikers teen gevaarlike produkte te beskerm.

SAPD Gauteng vra die publiek om paraat te wees en enige vermoedelike nagemaakte goedere by die naaste polisiestasie aan te meld.

Meyerton

Die operasie in die Sedibeng-distrik (Meyerton) is op 19 Oktober uitgevoer.

Die polisie het agt winkels besoek en beslag gelê op 1 749 items ter waarde van sowat R51 215. 

Die goedere het nagemaakte kos en ander produkte, onwettige gif, onwettige heuning en onwettige medisyne ingesluit.

Ander distrikte

Pretoria-distrik – Sewe winkels is besoek, en daar is beslag gelê op 1 787 items ter waarde van R224 140. 

Johannesburg-distrik – Ses winkels is besoek, en daar is beslag gelê op 5 717 items ter waarde van R211 560.

Fochville – Drie winkels is besoek, en daar is beslag gelê op 373 items ter waarde van R209 220.

Van die onwettige goedere produkte waarop daar beslag gelê is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button