EntertainmentLifestyleNews

Oud-Polisiekaptein Lion Jay laat ons voete jeuk met Dance Forever

Tydens sy studentejare was hy ook betrokke by die Universiteit van Pretoria (TUKS) se studentekoor en hy het natuurlik ook tydens sy polisiedae die manne-in-blou vermaak.

Daar is ’n nuwe leeu wat in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf brul, en sy naam is Lion Jay.

Dié oud-polisiekaptein het onlangs sy debuut-enkelsnit Dance Forever uitgereik en dit is pure kontemporêre country-plesier. So ’n bietjie Niel Diamond en ’n datjie Creedence Clearwater Revival, maar tog so eg Suid-Afrikaans soos veldskoene en ’n oujaarsdans by ’n gewilde vakansieoord. 

Leon, wat die verhoog naam LionJay gebruik, sê dié naam het niks met die Johannesburgse rugbyspan te doen nie – maar tog het dit die bynaamdeel van sy lewe geword omdat hy so vinnig en so sterk soos ’n leeu op die sportveld was.  “My geboortenaam Leon beteken ‘so sterksoos ‘n leeu.’ Die polisiemanne het die bynaam gebruik en dit het deur die jare gegroei tot dit sommer my naam geword het.”

Lion, wat al ’n draai op die musiekblyspeleverhoë gemaak het, het ’n kleurryke storie. Dié eens kragtige sportman het tydens sy skoojare ’n sportbespering opgedoen wat hom vir ses maande in traksie in die hospitaal laat beland het. Sy bene was dalk lam, maar daar was niks met sy stem verkeerd nie. En hy het dié kragtige instrument ingespan deur onder meer in die Suid-Transvaalse Jeugkoor te sing.

Tydens sy studentejare was hy ook betrokke by die Universiteit van Pretoria (TUKS) se studentekoor en hy het natuurlik ook tydens sy polisiedae die manne-in-blou vermaak.

Hy het eers op die ouderdom van 50 besluit om weer te sing. So tussendeur sy voltydsepos as opleidingsbestuurder by Dulux, het hy twee vollengte albums uitgereik – “maar dit het net bestaan uit bekende covers” – uitgereik en ook die verhoog met bekende name soos Appel gedeel.

Op die rype ouderdom van 51 en ’n paar maande, sê hy, het hy besluit om weer sy aandag aan musiek te wy, en het die bekende sanger en musiekvervaardiger Dennis East genader om vir hom ’n liedjie te skryf.

“Ek het besluit om my debuutenkelsnit in Engels uit te reik, want ek wil almal in Suid-Afrika bereik. Ek wil baie graag met die liedjie ’n huishoudelike naam word,” vertel hy.

Die eindresultaat was Dance Forever wat Lion se stem so knap soos ’n rugbybroekie aan ’n Lion pas. “Ek beskou die liedjie as ’n ysbreker en die sleutel tot my musiekloopbaan. Ek is mal oor dans – by terugskouing is die liedjie eintlik ’n intieme vasdansliedjie.”

Hoewel Dance Forever nie spesifiek vir sy vrou van die afgelope 28 jaar geskyf is nie, is dit tog ’n onthou-liedjie. Dáárdie dae waar ’n mens nog jou dansskoene aangetrek het, na ’n spoggerige hotel gegaan en gedans het. “Ek het wel ’n spesiale oomblikke in gedagte gehad toe ek die liedjie met Dennis bespreek het,” knipoog hy.

Die boodskap wat Lion met Dance Forever wil oordra is dat die mens in die oomblik moet leef. “Maak dit spesiaal sodat die herinneringe ’n leeftyd hou.”

Die liedjie is musikaal en tegnies uitstekend versorg, maar ’n mens kan seker ook nie iets anders van Dennis East verwag nie….

Lion het reeds ’n paar van sy eie liedjies neergepen en ons hoop dat hy binnekort nog ’n paar enkelsnitte gaan uitreik.

 

Luister na die liedjie hier:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

***************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button