Entertainment

‘n Oomblik van herinnering

Vir elke mediese personeellid, nooddienswerker, polisielid en elke ander geliefde van wie ons in 2021 moes afskeid neem. Saluut.

VAALPARK. – Vrydag, 21 Januarie 2022 het Netcare ambulans personeel asook verpleegpersoneel en gemeenskapslede by die oop veld in Gouwsstraat bymekaargekom ter herdenking aan kollegas, polisielede en pasiënte wat in 2021 oorlede is.

Verpleegpersoneel van Vaalpark Nedcare hospitaal tydens die diens.

Hul gedagtes en gebede was ook pertinent vir die vyf Netcare911 personeel wat verlede jaar op 21 Januarie in ‘n helikopterongeluk in KwaZulu-Natal omgekom het.

Op Public Eye se een WhatsAppgroep het iemand opgemerk hoe stil die gewoonlik besige straat was terwyl die herdenkingsgeleentheid aan die gang was.

Heinrich Steffen, Netcare911 se basis bestuurder in Vaalpark het die kort diens gely, waarna ‘n minuut van stilte gehou is, voordat ballonne vrygelaat is.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button