Local newsNewsSportSport

Valia se o15’s op pad na Noordvaal-uitspele

HS Transvalia is trots op hul o15-krieketspan wat al hul ligawedstryde gewen het en Saterdag aan die Noordvaal-uitspele gaan deelneem.

VANDERBIJLPARK – Hoërskool Transvalia en Hoërskool Driehoek se o15-krieketspanne het Saterdag in die laaste rondte van die liga teen mekaar te staan gekom.

Tranvalia het eerste gekolf en was almal uit vir 141/10 in 31.4 boulbeurte. Nathan Kuhn 36 (43) en JW Herselman 33 (56) was Valia se beste kolwers op die dag.

Hoërskool Driehoek het geen antwoord gehad vir Transvalia se gedugte boulaanval nie en is almal uit vir 86 lopies. JW Herselman het 5 paaltjies geneem en net 33 lopies afgestaan, terwyl JD de Bruyn 4 paaltjies platgetrek het vir 47 lopies.

Transvalia wen met 56 lopies. Hierdie o15-span was tot dusver onoorwonne hierdie seisoen. Hul gaan 24 Oktober in die Noordvaal-uitspele die Hoërskool Menlopark op Menlopark se velde aandurf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button